Rose - a poem by Hartsgeheime

Rose - a poem by Hartsgeheime

Rose - a poem by Hartsgeheime

Rose

Vir jou het ons gebid

Vir jou het ons gewag

Vir jou het ons harte langpad gestap

Vader het ons toegelaat

om jou hart in ons hande te vat

Te koester

Te leer

Op te rig tot Sy eer

Jou vreugde

Omvou elke mens se hart in verlange

Verlange na meer

Meer van jou lig

Sy lig

Jou teenwoordigheid

Het ons harte oorlaai met nuwe lewe

onmisbaar, helder rose geure

Ons oortuig van Vader se waarheid

Sy genade is vir ons genoeg

Hy het sy getroue, geliefde dogter gestuur

om ons harte in liefde te oortuig

Hy hoor ons gebed in elke uur

Vir jou is ons lief

Ons eie meisiekind

In genade aan ons toevertrou

Deur jou het ons vreugde weer gevind

In God bly ons vreugde vir altyd gebind

 

> Hartsgeheime

Back to blog