Genade- a poem by Hartsgeheime

Genade- a poem by Hartsgeheime

Genade- a poem by Hartsgeheime

Genade

Lewe loop oor van begeerte

Realiteit smee pyn deur jou hede

Jou hart gaan lê so maklik in die verlede

Waar swakheid gretig pos neem

oordrewe

baklei dit teen alles in jou gewete

Menslikheid bring seer

die vermoë om aan swakheid toe te gee

Menslikheid kom daarop neer

dat daar die vermoë is om te leer

Deur Genade word ons harte gelei, voorberei

om aan te hou groei

Elke stukkie twyfel uit te roei

In Genade vind ons barmhartigheid

Barmhartigheid vir foute

Barmhartigheid vir menswees

In Genade vind ons bereidheid

Bereidheid om te leer

Bereidheid om te groei

In Genade vind ons geloof

Geloof om te hoop

Geloof in Vader se vermoë

In elke dag word ons harte van voor af

Gegrond, in genade

Afgerond, weens Genade

Bemoedig, deur Genade

Genade

Sy genade

is vir ons genoeg

 

 

> Hartsgeheime

Back to blog